Derby-Lewis weer hof toe oor parool

Clive Derby-Lewis, wat lewenslank tronkstraf uitdien vir sy aandeel in die moord op die SAKP-leier Chris Hani, gaan weer die hooggeregshof in Pretoria nader in ʼn poging om op parool vrygelaat te word.

Pretoria News berig dat Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, Marius Coertze, gesê het dat hulle ʼn aansoek sal bring voor die hof om die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se weiering om Derby-Lewis op parool vry te laat ter syde te stel. Hy sê die aansoek sal die week op die departement beteken word. Coertze sê hulle sal intussen ook ʼn aansoek bring om Derby-Lewis op mediese parool te laat vrylaat. Coertze sê die nuwe aansoek kom nadat Derby-Lewis se vrou die openbare beskermer gevra het om in te gryp. Hy sê hulle het na Thuli Madonsela se ingryping vir die eerste keer die redes gekry waarom Mapisa-Nqakula borg aan Derby-Lewis geweier het. Coertze sê die redes was polities van aard.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.