Derde man aan die Oos-Rand doodgeskiet

‘n Man is Sondagaand in Reigerpark aan die Oos-Rand doodgeskiet tydens beweerde bendegeweld.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Katlego Mogale, sê Anton Williams was in sy motor toe insittendes van ʼn silwer BMW omstreeks 23:00 Sondagaand in Elsburgstraat op hom losgebrand het. Sy motor het die pad verlaat en hy is op die toneel dood verklaar. Williams (32) is die laaste keer lewend gesien by die huis van Gavin Adams, ʼn lid van die Dogan-bende. Adams (39) is Woensdag doodgeskiet en sy vrou, Leila, ernstig beseer nadat drie mans in ʼn silwer Renault op hulle geskiet het in Meadowdale. Adams het sy vrou by haar werkplek afgelaai toe die voorval plaasgevind het. Die volgende dag is Johnny Jacobs (47) doodgeskiet. Jacobs en sy vriendin het Donderdagaand in ʼn motor in Reigerpark gesit toe hulle deur ʼn wit BMW met vier insittendes genader is. “Een van die insittendes het skote gevuur na die paartjie se motor. Die man is dood en sy vriendin is ernstig beseer.” Twee mans is verlede week in hegtenis geneem in verband met Jacobs se moord. Hulle het Maandag in die Boksburg landdroshof verskyn. Xavier Malgas (27) is in besit gevind van die motor wat glo tydens die moord gebruik is. Die staat kon hom egter nie aan die misdaad verbind nie en hy is vrygelaat. Sy medebeskuldigde, William Orr (51), ontken enige betrokkenheid by die moord en sal Diunsdag weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.