Derde ontploffing nie verwant aan Boston-marathon

Ontploffings by die Boston-marathon Foto: Twitter

Die polisie in Boston het bevestig dat ‘n derde ontploffing, wat ongeveer ‘n uur ná die twee ontploffings by die Boston-marathon se eindstreep gehoor is, nie verband hou met die aanvanklike twee ontploffings nie.

“Die derde ontploffing, by die John F. Kennedy Presidensiële Biblioteek, hou verband met ‘n meganiese probleem en ‘n brand wat daarna uitgebreek het,” het Ed Davis, kommissaris van die polisie in Boston, gesê. “Die JFK School of Government by die Harvard-universiteit in Cambridge, wat myle ver van die biblioteek af is, is ook ontruim.

Niemand het nog verantwoordelikheid aanvaar vir die ontploffings nie en gerugte dat die polisie al ‘n verdagte in hegtenis geneem het, is ook nog nie bevestig nie.

Lees ook:
Boston-marathon: SA’ners wat glo deelneem
Boston-marathon: Derde ontploffing bevestig
Foto’s en video: Ontploffings by Boston-marathon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.