Derde oog in die klasfoto

Tilda Nörgaard met die eienaardige derde oog

‘n Graad 6-leerling van Swede was onlangs geskok toe ‘n derde oog op haar voorkop in die klasfoto verskyn het.

“Tilda het eers saam gelag, maar het gou kwaad geword daaroor,” het Anna Nörgaard, haar suster, gesê. “Ons het gesien dat sy hartseer is dat die fotograaf dit nie opgemerk het nie.”

‘n Woordvoerder van Skolfoto Norden, die maatskappy wat die foto’s geneem het, het gesê daar is geen “redelike verduideliking” waarom dit gebeur het nie. “Ons het na die oorspronklike foto gaan kyk, en niemand het hul oë toegehou nie,” het David Nabb, hooffotograaf, gesê. Volgens Nabb verander die maatskappy soms die foto’s digitaal indien iemand sy of haar oë toegemaak het toe die foto geneem is.

Die maatskappy het Nörgaard sowat R2 000 vergoeding aangebied en sal hersiende jaarboeke, waar alle studente net twee oë het, uitreik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.