Derde partye betaal glo vir Nkandla

Zuma se Nkandla-woning

Getuienis in Schabir Shaik se bedrog- en korrupsiesaak verduidelik moontlik waar ʼn gedeelte van die geld van president Jacob Zuma se Nkandla-woning vandaan kom.

Shaik, Zuma se voormalige finansiële adviseur, het Franse wapenvervaardigers vir omkoopgeld gevra en op só manier Zuma glo gehelp om sy huis te ontwikkel, berig Beeld. Tydens Shaik se hofsaak, wat in 2005 geëindig het, het Jan van der Walt, KPMG se forensiese ouditeur, getuig dat fondse uit verskeie derdeparty-bronne bekom is om Zuma te help om ʼn faktuur van R1.3 miljoen vir ʼn “kulturele dorp” te betaal.

Volgens ander getuienis, het Bohlabela Wheels, ʼn maatskappy van Nora Fakude-Nkuma van Mpumalanga, glo sowat R140 000 aan die maatskappy wat konstruksiewerk by Nkandla gedoen het, oorbetaal.

Verdere getuienis het aan die lig gebring dat sakeman Vivian Reddy borg gestaan het vir ʼn bedrag van R400 000, wat Zuma glo gehelp het om ʼn huislening van R900 000 by Eerste Nasionale Bank (ENB) te bekom.

Tydens Shaik se verhoor in die Durbanse hooggeregshof, het dit verder aan die lig gekom dat Reddy ook verantwoordelik was vir die betaling van die lening en dat hy paaiemente gedurende 2003 en 2004 betaal het. Volgens getuienis het ʼn huisleningsbeampte van ENB glo in ʼn interne e-pos gesê: “Ek is oortuig dat die betrokke owerhede ons sal help om die reëls so ietwat te buig.”

Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, wou nie kommentaar lewer nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul Joubert ·

Is dit dalk die geheimsinnge “Third Force” wat betaal?

Petro Doman ·

Nou goed, nou weet ons van R2.2 miljoen – en waar kry die uwe die ander Mandela gesiggies????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.