Derde plaasmoord-verdagte aangekeer

ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Louis Traut, ʼn boer van Hofmeyr in die Oos-Kaap.

Traut is verlede Sondag op sy plaas Doornkop vermoor en die verdagtes het met vuurwapens en ʼn onbekende bedrag geld gevlug, berig AlgoaFM. “Twee verdagtes is kort ná die voorval in hegtenis geneem, maar ʼn derde verdagte het gevlug,” het kapt. Stefanie Smith, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

“Die derde verdagte is Saterdag in George aangekeer,” het sy bygevoeg. “Die 29-jarige man sal Maandag in die Hofmeyr-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.