Derde van versekeringseise glo vals

negotiating-with-insurance-companiesNagenoeg 30% van versekeringseise wat in 2013 ingedien is, was glo vals eise ter bedrae van nagenoeg R15 miljard, berig die Sunday Times.

“Druk, geleentheid en rasionalisering” sowel as “‘n gevoel van geregtigheid” is ‘n paar van die redes waarom Suid-Afrikaners vals eise indien,” het Michiel Nel, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse versekeringsmisdaadburo (SAICB), aan die koerant gesê. Nel sê van die nagenoeg R50 miljard se eise wat in 2013 ingedien is, is omstreeks ʼn derde vals. Helen du Toit, Santam se oudit- en forensiese hoof, het aan die Sunday Times gesê hoewel mense die indien van vals eise as “sosiaal aanvaarbaar” en “nie so ernstig soos ander misdade” beskou nie, dit regs-en kriminele gevolge kan hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrina Lambert ·

Ja nee dis vir my ‘n erge Kriminele oortreding en ongelukkig is dit nou aan die Orde van die Dag?? Maar ongelukkig kan Niemand iets daaraan doen nie want Alles vandag is Korrupt en ongelukkig het van hierdie Versekerings Maatskappye die Geneigtheid om Wanneer jy die Waarheid praat hulle jou tot ‘n leunnaar maak en daarom LIEG die mense op hulle Eise?? EK HET DIT ONDERVIND en dit vir hulle gesè dat hulle die enkele eerlike mens NIE GLO nie??? Jammer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.