Derde verdagte in hof vir Parys-plaasmoord

Die derde verdagte word na die hof geneem.

Die derde en hoofverdagte vir die moorde op Ernst en Annatjie van Rooyen, verskyn Maandag in die Parys-landdroshof.

Konst. Peter Kareli, ʼn polisiewoordvoerder, sê die derde verdagte, ʼn 48-jarige man wat ook die meesterbrein agter die aanval was, is Vrydag in Langlaagte in Johannesburg in hegtenis geneem.

Die Van Rooyen-egpaar is in Januarie op hul plaas Somerset in die Vrystaat vermoor. Die egpaar se liggame is in hul motorhuis, waar hulle ‘n snoepwinkel bedryf het, aangetref. Ernst (77) se voete was vasgebind en ‘n sak was oor sy kop getrek. Annatjie (73) se liggaam is in ʼn vrieskas opgespoor.

Ezekiel Mnguni (30) en Mmaditaba Mokubung (46) is kort na die voorval naby Sasolburg in hegtenis geneem. Gesteelde kruideniersware en selfone is in hul besit gevind. Hulle is tydens hul laaste hofverskyning borgtog geweier en moet weer 20 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.