Derde verdagte vas na moord op JHB-gesin

ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn gesin in Walkerville, suid van Johannesburg.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. Kol. Lungelo Dlamini, sê die derde verdagte is Maandagaand in Poortjie in Orange Farm in hegtenis geneem. Dlamini sê daar is ʼn pistool in sy besit gevind wat glo aan die gesin behoort het. Sy vriendin word deur die polisie ondervra. Hy sal Donderdag in die Vereeniging landdroshof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en diefstal. Tony Viana (50) se lyk is verlede naweek in die sitkamer gevind met sy hande wat agter sy rug vasgemaak was. Sy vrou, Geraldine (46), se lyk is in die slaapkamer gevind. Sy is glo verkrag voor sy doodgeskiet is. Die paartjie se 13-jarige seun se lyk is in die bad gevind. Sy hande was ook agter sy rug vasgemaak. Sipho Mbhele (20) en Siphiwe Motaung (20) is verlede week in verband met die moorde in hegtenis geneem. Hulle het Vrydag in die Vereeniging landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot 28 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.