Derde verdagte vas vir Parys-moord

ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem vir die moord op Ernest (77) en Annatjie (73) van Rooyen, die bejaarde egpaar van Parys wat in Januarie op hul plaas Somerset in die Vrystaat vermoor is.

Die egpaar se huishulp het na die voorval by die plaashuis opgedaag en gesien die huis is geplunder. Sy en ‘n buurman het die egpaar se liggame in hul motorhuis, waar die egpaar ‘n snoepwinkel bedryf het, aangetref. Ernest se voete was vasgebind en ‘n sak was oor sy kop getrek. Annatjie se liggaam is gevind waar dit in die vrieskas ingeprop is.

Ezekiel Mnguni (30) en Mmaditaba Mokubung (46) is kort in na die voorval naby Sasolburg in hegtenis geneem. Gesteelde kruideniersare en selfone is in hul besit gevind. Hulle is tydens hul laaste hofverskyning borgtog geweier en moet weer 20 Maart in die hof verskyn.

Konst. Peter Kareli, ʼn polisiewoordvoerder, sê die derde verdagte, ʼn 48-jarige man, is Vrydag in Langlaagte in Johannesburg in hegtenis geneem. Dié verdagte moet Maandag in die Parys-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.