Derde vliegongeluk in KwaZulu-Natal binne een week

Twee mense is dood na hul ligte vliegtuig naby Greytown in KwaZulu-Natal neergestort het.

The Witness-koerant in Pietermaritzburg sê die man en vrou was onderweg vanaf Piet Retief in Mpumalanga na Kaapstad toe hul Cessna 206 Vrydagaand in ʼn plantasie neergestort het. Die ongeluk het sowat drie kilometer buite Greytown in die rigting van kwaDukuza (Stanger) plaasgevind. Phindiwe Gwebu van die burgerlike lugvaartowerheid (CAA) het gesê daar was slegs twee mense aan boord. Sy sê ʼn beampte van die CAA uit Gauteng sal Saterdag na die gebied vlieg om die voorval te ondersoek.

Dié vliegongeluk is die derde in kwaZulu-Natal binne een week. ʼn Vliegtuig het Vrydagmiddag naby Virginia-lughawe in Durban neergestort. Die vlieënier en sy passasier is nie beseer nie. Blykbaar het die vliegtuig enjinprobleme net ná hul opgestyg het, ontwikkel. Die vlieënier van ʼn ligte vliegtuig wat verlede naweek by Margate-lughawe neergestort het, is Vrydag oorlede. Sy passasier, ʼn vrou, is in die ongeluk dood. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.