Dertienjarige vermeende huurmoordenaar self vermoor

‘n Dertienjarige seun wat daarvan verdink word dat hy ‘n huurmoordenaar was wat tien mense doodgemaak het, is self vermoor kort nadat hy vrygelaat is.

Hy is kort na sy onlangse inhegtenisname vrygelaat omdat mense jonger as 14 nie in Meksiko vervolg kan word nie. Sy liggaam is saam met vyf ander liggame gevind. Sy liggaam het tekens van marteling getoon.

In Meksiko is sowat 60 000 mense reeds in die heersende dwelmoorlog dood.

– ANP

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul Joubert ·

Al wat die “War on Drugs” regkry, is om misdadigers in staat te stel om superwinste uit dwelms te maak. Misdadigers is uiters dankbaar vir die feit dat dwelms onwettig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.