Desmond Tutu glo beroof

Inbrekers het glo Woensdagoggend op emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se huis in Kaapstad toegeslaan, het Eyewitness News Donderdag berig.

Volgens Eyewitness News was Tutu en sy vrou glo aan die slaap toe die oortreders toegang tot hul huis in Milnerton bekom het.

ʼn Polisiebeampte het aan die uitsaaier gesê sommige klein items is gesteel, waaronder sleutels met afstandbeheertoestelle. Tutu en sy vrou is nie tydens die voorval beseer nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Heeltemal reg Stoere Boer (lees so lekkerrrrr) – hulle was seker “honger” en intussen lees ons van die 60-jarige dame wat verkrag en vermoor is, hy was seker ook “honger”.

Willy ·

Nou wat gaan jy nou sê Tutu? Welkom by ons gewone mense van die land, ons, waar dit al gebeur het, definitief sal en definitief weer sal gebeur. Kry maar vir jou.

Hendrik ·

So wanneer die struggle-fighter beroof word is dit net klein items, maar wanneer dit een van ons mense is word hulle sommer gemartel en vermoor…

Paul ·

Hy gaan dalk nou my buurman word wanneer ek en hy moet trek en daar gaan bly waar ons gesteelde goedere tans is.

Martin ·

Tutu het lig daarvan afgekom. Na alles wat hy die laaste tyd, oor God kwyt geraak het, sou ek verwag het dat iets baie erger met hom sou gebeur. Miskien kom dit nog en is hierdie net n skrikmaker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.