Deur die rivier skool toe

Argieffoto

Leerlinge van ʼn skool in KwaZulu-Natal moet daagliks hul skoene en soms skooluniforms uittrek om deur ʼn rivier te loop om by die skool uit te kom.

The Witness berig die leerlinge van die Ekhamanzi CP-skool naby Greytown moet die rivier oorsteek, aangesien daar nie ʼn brug is nie. Die koerant berig tussen 200 en 500 kinders moet daagliks die rivier oorsteek. ʼn Leerling beweer dat hul skoene en klere soms boonop deur die rivier weggespoel word. Die water het glo selfs al van die kinders meegesleur.

Senzo Mchunu, LUR vir onderwys, sê verskeie skole in die provinsie het dieselfde probleem. “Ons sal met die departement van vervoer onderhandel om ʼn oplossing te vind,” het Mchunu gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.