Dewani beleef glo terugslag

Shrien en Anni Dewani

Shrien Dewani, wat daarvan verdink word dat hy in 2010 sy vrou Anni tydens hul wittebrood in Suid-Afrika laat vermoor het, se gesondheid het glo ʼn terugslag beleef.

Dewani (33) word in ʼn hospitaal in Bristol behandel vir depressie en post-traumatiese stresversteuring. Dit kom nadat die Westminster-landdroshof verlede maand gehoor het dat Dewani se gesondheid “noemenswaardig” verbeter het. Dit het ook gister aan die lig gekom dat voorstelle ingedien is dat Dewani vrywillig na Suid-Afrika terugkeer om hier verhoor te word op aanklag van die moord op sy vrou. Dewani se uitleweringsverhoor sal op 1 Julie begin.
Anni is in November 2010 in Kaapstad doodgeskiet nadat sy en haar man glo tydens hulle wittebrood gekaap is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

De Wet Momberg ·

Skuldige gewete wat so maak ! Toemaar daar is gratis mediese hulp in die tjoekie …..

william ·

Shrien is n baie goeie akteur. Hy moet Bollywood toe gaan. Hy makeer absoluut niks. Hy is n moordenaar wat vlug vir die gereg.

Marietjie ·

Hy is so gesond soos ‘n vis in die water, hy hardloop weg vir die gereg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.