Dewani hoor vandag oor uitlewering

Shrien en Anni Dewani.

Terwyl die Britse sakeman Shrien Dewani moontlik vandag sal hoor of hy na Suid-Afrika uitgelewer gaan word, het die BBC gisteraand berig dat dit onwaarskynlik is dat hy sy jong vrou se moord beplan of opdrag gegee het daarvoor.

Die Burger berig dat die BBC gisteraand beeldmateriaal uitgesaai het wat wys hoe Dewani sy bruid, Anni, liefderyk soen net ure voordat sy in ’n taxi in Guguletu buite Kaapstad vermoor is. Die gesaghebbende dokumentêre program Panorama se aanbieder Jeremy Vine het na Suid-Afrika gereis om die moord in November 2010 te ondersoek. Vine bevraagteken veral die getuienis van die taxibestuurder Zola Tongo, wat ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en beweer het Dewani het hom betaal om die moord op sy vrou te reël. Vine sê egter daar is kringtelevisie-materiaal wat wys dat Dewani ʼn selfoongesprek het met Tongo. Hy meen egter dat die beeldmateriaal ook wys hoe die Dewanis die heeltyd aan mekaar vat en foto’s neem. Vine sê daar is tog onbeantwoorde vrae aan Dewani se kant, soos waarom hy ʼn groot bedrag geld gewissel en SMS-boodskappe aan Tongo gestuur het. Dewani sal na verwagting vandag hoor of hy na Suid-Afrika uitgelewer gaan word om tereg te staan weens die moord op sy vrou.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.