Dewani in hospitaal opgeneem

Shrien en Anni Dewani

Shrien Dewani, wat daarvan verdink word dat hy in 2010 sy vrou Anni tydens hul wittebrood in Suid-Afrika laat vermoor het, is in die hospitaal opgeneem.

Dewani word sedert die voorval by ʼn psigiatriese-kliniek behandel maar is nou in ʼn ander hospitaal opgeneem weens borspyn. Volgens Dewani se familie het sy gesondheid “ernstig agteruitgegaan” en reageer hy nie goed op die medikasie wat vir hom voorgeskryf is om sy geestesgesondheid te verbeter nie. ʼn Britse hof het vroeër Dewani se uitlewering na Suid-Afrika tot minstens Julie uitgestel aangesien hy glo aan depressie en post-traumatiese stresversteuring ly. Anni is in November 2010 in Kaapstad doodgeskiet nadat sy en haar man glo tydens hulle wittebrood gekaap is. Suid-Afrika probeer intussen om Shrien van die Verenigde Koninkryk uit te lewer sodat hy hier op aanklag van sy vrou se moord verhoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.