Dewani psigiaters glo sakevennote

Shrien en Anni Dewani

Die psigiaters wat aanbeveel het dat Shrien Dewani nie na Suid-Afrika uitgelewer word nie weens sy geestesgesondheid, is glo sakevennote.

Die Britse The Sun berig dat prof. Michael Kopelman wat deur aanklaers gehuur is om Dewani se geestesgesondheid te ondersoek glo ʼn sakevennoot van prof. Nigel Eastman, wat deur Dewani gehuur is om nog ʼn opinie namens die verdediging te verskaf. Dewani is glo die meesterbrein agter die moord van sy vrou Anni tydens hul wittebrood in Kaapstad. Kopelam en Eastman se gesamentlike verslag oor Dewani se geestesgesondheid het tot gevolg gehad dat hy nie na Suid-Afrika uitgelewer is om aangekla te word van die moord op sy vrou nie. Anni se familie is woedend hieroor en het gevra dat daar onmiddellik ondersoek ingestel word na die bewerings.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.