Dewani se familie woedend oor T-hemde

Die familie van die vermoorde Anni Dewani is woedend vir ʼn plaaslike vervaardiger van T-hemde wat volgens hulle probeer munt slaan uit hul tragedie.

EWN berig dat ʼn Durbanse sakeman T-hemde verkoop met die boodskap: “Dewani Tours – treat your wife to a killer holiday”. Anni se pa, Vinod Hindocha, sê die T-hemde is ʼn belediging en het versoek dat die verkoop daarvan onmiddellik gestaak word. Anni is in Desember 2010 in Kaapstad doodgeskiet tydens ʼn beweerde kaping wat glo deur haar man Shrien gereël is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.