Dewani verloor weer appèl teen uitlewering

Shrien en Anni Dewani

Shrien en Anni Dewani

Die wittebrood-moordverdagte Shrien Dewani se appèl teen sy uitlewering na Suid-Afrika is Maandag van die hand gewys.

Dewani, wat beskuldig word van die moord op sy bruid, Anni, tydens hul wittebrood in Kaapstad in November 2010, het weer appèl aangeteken nadat die Londense hoërhof sy vorige appèl verlede maand van die hand gewys het. Die appèl sowel as Dewani se aansoek om die saak in die Britse appèlhof aan te hoor is egter van die hand gewys. Die Londense hoërhof het vroeër beslis dat Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer mag word as die Suid-Afrikaanse regering ʼn onderneming gee van hoe lank Dewani sonder verhoor in die land gehou sal word. Daar is egter nog ʼn opsie tot Dewani se beskikking om sy uitlewering te probeer keer. Hy kan hom nou tot die Europese menseregtehof in Frankryk wend.

Dewani veg teen uitlewering op grond van sy geestesgesondheid. Shrien se vrou, Anni, is in November 2010 tydens hul wittebrood in Kaapstad vermoor. Dewani word daarvan beskuldig dat hy Anni deur huurmoordenaars laat vermoor het. Drie mans is reeds aan haar moord skuldig bevind en gevonnis.

Lees ook:
SA gee onderneming oor Dewani
Shrien Dewani kan uitgelewer word
Shrien Dewani: Uitspraak voorbehou
Shrien Dewani moet uitgelewer word
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
Shrien Dewani mag aan SA uitgelewer word
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Anni Dewani se dood glo ʼn ‘ongeluk’
Dewani in hospitaal opgeneem
Anni Dewani se moordenaar gevonnis
Mngeni skuldig bevind aan moord op Anni Dewani
Dewani psigiaters glo sakevennote
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Dewani-moord: twee verdagtes in die hof
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Dewani word nie nou uitgelewer nie
Dewani hoor vandag oor uitlewering
Moontlike ooggetuies in Dewani-moord
‘Nuwe’ onthullings oor Dewani-moord
Dewani teken appèl aan teen uitleweringsbevel na SA
Brittanje teken Dewani-uitleweringsbevel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.