Dewani word nie nou uitgelewer nie

Shrien en Anni Dewani

Die hooggeregshof in Brittanje het Vrydag sakeman Shrien Dewani se uitlewering aan Suid-Afrika tydelik opgeskort.

Die uitspraak is gemaak weens Dewani se geestesgesondheid ná sy prokureurs gesê het die 31-jarige ly aan post-traumatiese stressindroom en depressie, en dat sy lewe moontlik in gevaar kan wees indien hy uitgelewer word. Dewani word daarvan verdink dat hy in 2010 sy vrou, Anni Dewani, tydens hul wittebroodvakansie in Suid-Afrika laat vermoor het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.