Diamantslyper pleit onskuldig op moord

Dudley Bernicchi by die Kaapstadse streekshof Foto: Thomas Holder, IOL

Dudley Bernicchi van Kaapstad wat beskuldig word dat hy ʼn diamanthandelaar vermoor het, voer aan hy het uit selfverdediging opgetree, het die Cape Argus Woensdag berig.

Bernicchi het Dinsdag in die Kaapstadse streekshof getuig nadat hy onskuldig gepleit het op die moord op Ryan Ivaniservic in November 2011.

Volgens die koerant het Bernicchi, ʼn diamantslyper, glo aan die hof gesê dat hy en Ivaniservic kort voor die skietery ʼn woordewisseling gehad het oor geld en diamante, wat hom toekom. Hy het getuig dat hy bewus was daarvan dat Ivaniservic altyd ʼn vuurwapen by hom dra. “Toe dit lyk of Ivaniservic tydens die argument na sy vuurwapen gryp, het ek hom geskiet voordat hy eerste ʼn skoot kon afvuur,” het Bernicchi gesê. “Ek kan nie onthou dat ek die sneller getrek het nie. Die laaste ding wat hy gedoen het, is om sy stoel terug te stoot en op te staan. Ek onthou ʼn gedeelte, maar sommige dinge is vaag. Ek was in skok; Ryan was my vriend.”

Die saak duur op 28 Augustus voort.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.