DiCaprio koop regte vir SA-outeur se boek

Leonardo DiCaprio

Hollywood-akteur Leonardo DiCaprio het die regte gekoop om Suid-Afrikaanse outeur Lauren Beukes se jongse boek, The Shining Girls, in ʼn televisiereeks te omskep.

DiCaprio se vervaardigingsmaatskappy, Appian Way, en Media Rights Capital (MRC), ʼn onafhanklike rolprent- en televisiemaatskappy, het gesamentlik die televisieregte aangeskaf, het Beeld Maandag berig.

Die wetenskapfiksie-verhaal handel oor ʼn reeksmoordenaar van Chicago wat in staat is om deur tyd te reis om talentvolle vroue te vermoor. Die boek is in April in Suid-Afrika bekendgestel en sal Dinsdag in Amerika beskikbaar wees. Die New York Times het egter reeds sy stempel van goedkeuring op die boek geplaas.

Beukes het oor die naweek op Twitter bevestig die regte vir haar boek is verkoop. “Ek is opgewonde. John Ridley van Appian Way was van die begin af passievol oor die boek,” het sy geskryf.

Beukes het die 2011 Arthur C Clarke-toekenning vir wetenskapfiksie vir haar vorige boek, Zoo City, ontvang.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dalene ·

Dis wonderlik om van sulke talent te hoor en ek gaan beslis uitkyk vir daai reeks. Klink interresant!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.