Die All Blacks van Nieu-Seeland is die nuwe wêreldkampioene nadat hulle Frankryk Sondag in die wêreldbeker-eindstryd op Eden Park met 8-7 gewen het.
Nieu-Seeland se Tony Woodcock het in die 15de minuut van die wedstryd ʼn drie aangeteken om die All Blacks teen rustyd met 5-0 te laat voorloop. Frankryk kon egter daarin slaag om in die tweede helfte ʼn drie aan te teken met Thierry Woodcock wat oor die doellyn geduik het en Francois Trinh-Duc dit suksesvol verdoel het. Dit is ook die eerste keer wat drieë in ʼn wêreldbeker-eindstryd aangeteken word sedert 2003. Stephen Donald het die All Blacks se telling na 8 opgestoot met ʼn strafskop. Dit is die eerste keer sedert 1987 dat die All Blacks die Web Ellis-trofee wen.