Die Antwoord binnekort dalk rolprentsterre

Die Antwoord

Yo-Landi Vi$$er en Ninja van die omstrede groep, Die Antwoord, gaan glo binnekort in een van Neill Blomkamp van District 9-faam se rolprente optree.

Die rolprent, “Chappie”, is glo ‘n wetenskapfiksie-komedie en sal tussen September en Desember 2013 in Johannesburg verfilm word. Die begroting vir die rolprent beloop ongeveer $50 miljoen (R450 miljoen). Die Suid-Afrikaans gebore Blomkamp het veral bekendheid verwerf met sy bekroonde rolprent, District 9, wat oor buiteruimtelike wesens handel en die apartheid-kwessie in Suid-Afrika aangespreek het.

Blomkamp se jongste rolprent, Elysium, het Matt Damon in die rolverdeling en begin in Augustus in teaters draai.

Volgens Music Feed het die twee kletsrymers in verlede jaar se vrystelling van die lied, Baby’s On Fire, verwys na die moontlikheid dat hulle in ‘n rolprent gaan speel. “My bodyguard helps me get to the bar / Neill Blomkamp’s makin’ me a movie star,” sing Yo-Lande.

“Chappie” sal na verwagting in 2014 op die silwerdoek begin draai. Die rolprent se verwysing op imdb.com toon tans slegs Yo-Landi en Ninja aan as akteurs in die rolprent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.