Die duurste restaurante in die wêreld

Le Meurice in Parys, Frankryk

Le Meurice in Parys, Frankryk

Die webwerf The Daily Meal het sopas ʼn lys van die top 10 duurste restaurante vir 2013 bekend gestel.

Drie van die restaurante op die lys is in Japan. Frankryk en Switserland het elk twee restaurante op die lys.

Gaste by die Ithaa Undersea Restaurant in die Maledive geniet hul aandete vyf meter onder seevlak met ʼn wonderlike uitsig oor onderwaterseelewe.

1. Kitcho, Kioto, Japan: R6 000 per persoon
2. Le Meurice, Parys, Frankryk: R5 090 per persoon
3. Masa, New York City: R4 500 per persoon
4. Maison Pic, Valence, Frankryk: R4 550 per persoon
5. Aragawa, Tokio: R3 700 per persoon
6. Ithaa Undersea Restaurant, Maledive: R3 200 per persoon
7. Hotel de Ville, Crissier, Switserland: R3 180 per persoon
8. Alain Ducasse by The Dorchester, Londen: R2 890 per persoon
9. Michel Bras Toya, Japan: R2 870 per persoon
10. Schloss Schauenstein, Furstenau, Switserland: R2 690 per persoon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anita Buitendag ·

Baie ekslusief, baie wow, maar wragtig ek dink die kos sal dwars in my krop steek vir pryse soos daai. Of dalk is dit die fynproewer kosse wat ieg so min is dat dit nêrens KAN vassteek nie! lol

Gas ·

Ek het die interieur by Kitcho maar kitch gevind. Die kos was goed behalwe vir die kaviaar wat ‘n bietjie slymerig was.lol!

Peter Says ·

Hulle sit seker die “goue kalf” voor by die restaurante…Belaglik !!!

Erich Goosen ·

Kitcho se swaelnes sop was ook baie droog. Michel Bras Toya se soortgelyke sop het te veel vleis ingehad – as vegatarier hou ek nie van klein voeltjies nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.