Dié Ethiopiër glo 160 jaar oud – of ouer

Dhaqabo ebba‘n Ethiopiër wie se oudste seun al oud genoeg was om vee op te pas toe Italië Ethiopië in 1895 ingeval het, moet volgens wat hy onthou minstens 160 jaar oud wees.

Dhaqabo Ebba, wat nou reeds blind is, maar anders as sy oudste seun steeds oor ‘n vol stel tande beskik, kan steeds suikerriet na hartelus kou. Sy oudste seun is al lankal haasbek, en lyk ouer as sy pa.

Ebba is van Ethiopië se Oromo-stam, ‘n stam wat al lank deur die Ahmaras oorheers word. Hy onthou al sewe Ethiopiese keisers sedert keiser Johannes IV die Oromo’s by sy ryk ingelyf het. Hy meen omstandighede vir sy mense het darem uiteindelik onder die huidige regering verbeter.

Hy woon in ‘n eenvertrekhut van riet en ‘n sinkdak. Hy het ‘n groot nageslag, wat al by agter-agterkleinkinders verbystrek. Hy praat steeds met ‘n sterk stem.

Ebba se ouderdom sal, as dit erken kan word, van hom loshande die oudste mens maak, maar hy beskik nie oor ‘n geboortesertifikaat nie, en almal wat sy ouderdom sou kon staaf is lank nie meer in die land van die lewendes nie.

Ebbo se verhaal kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

Laat my dink aan die grappie van die ou Jode omie met sy krom neus wat ook nie tot ruste wou kom nie. Vir jare op sy sterfbed gelê, toe vind hulle uit, as hy sy laaste asem uitblaas, blaas hy dit weer by sy neus in.

Ver Van Ryn ·

Nee, dink nie ek kan hierdie verhaal glo nie. Op ‘n gevorderde ouderdom raak mens se verstand al slegter, die man verwar waarskynlik stories wat hy by sy voorvaders gehoor het met sy eie ervarings. My arme ouma het in haar ou dae stories vertel asof sy self daar was, dan vind mens uit sy was toe nog nie eers gebore nie. Bring eers die bewyse van sy 160 jare.

Alida Engelbrecht ·

In 1993 toe almal die groen ID boekies moes kry, was daar n swartman wat op die plaas gewerk het. Ek en hy was ewe oud 44 op daardie stadium. Toe hy sy nuwe ID boekie vir my kom wys, toe dui hulle sy geboorte aan as 1944. Van toe af is hy 5 jaar ouer as ek !. Onlangs was daar ook n bruin paartjie wat glo al 100 jr lank getroud is. Hulle ouderdom is glo nou 118. Die tannie dra nog hoehak skoene en doen al haar huiswerk self ! Ha Ha . As jy die oudste kind se ouderdom het, dan tel jy net 16 of 18 jaar by, dan het jy die pa se ouderdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.