Die foto’s wat almal se harte gesteel het

In ‘n reeks inspirerende foto’s het Oscar Pistorius, die “lemnaeler” en ‘n 8-jarige dogtertjie van Essex in Engeland die wêreld se harte gesteel.

Pistorius (25) se bene is op 11 maande afgesit toe dokters besef het hy het geen fibulas nie. Ellie May Challis het beide haar hande en bene op 16 maande verloor weens breinvliesontsteking.

Ellie het aanvanklik gewone prosteses ontvang, maar die kleuter het gesukkel om daarmee te loop. Gesofistikeerde bene van koolstofvesel, soortgelyk aan dié wat Pistorius dra, was duur, maar Ellie se buurt het haar ondersteun en die $15 000 ingesamel wat sy benodig het. In 2009 was dié 5-jarige die jongste persoon ooit om koolstofvesel prosteses te dra.

Ellie het die kampioen-naeler in al vier hul 15m-wedrenne by ‘n renbaan in Enfield, noord van Londen, weggehardloop. Haar tweelingsussie Sophie, en ouer boetie en sussie het hulle toegejuig.

Pistorius het Sondag vir die 400m-wedren kwalifiseer, maar kon nie vir die finaal kwalifiseer nie. Sy tyd van 46.54 sekondes was twee sekondes stadiger as die wenner, Kirani James van Grenada. James het uit respek vir Pistorius na afloop van die wedloop naambordjies met Pistorius uitgeruil. “Ek ag hom as net nog ‘n atleet, nog ‘n mededinger,” het James die dag voor die semifinale aan verslaggewers gesê. “Belangriker, ek ag hom as ‘n persoon. Hy is iemand wie ek respekteer en bewonder.”

Pistorius sê hy sal sy Olimpiese-deelname altyd onthou. “Die toejuiging van die skare en die wete dat soveel mense my ondersteun het dit ongelooflik gemaak,” het hy gesê.

[nggallery id=58]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.