Dié geslag kyk die meeste TV…

Argieffoto.

Televisiekyk is een van die top ontspanningsaktiwiteite waaraan Suid-Afrikaners tyd spandeer, het Statistics SA (Stats SA) Woensdag in Pretoria bekend gemaak.

“Mans van alle ouderdomme spandeer meer tyd voor die kassie as vroue,” het Kefiloe Masiteng, adjunkdirekteur-generaal van die organisasie, gesê.

Volgens Stats SA spandeer seuns tussen die ouderdom van 10 en 17 die meeste tyd voor die televisie in vergelyking met ander ouderdomsgroepe en vroue.

Ander ontspanningsaktiwiteite waaraan Suid-Afrikaners die meeste deelneem is sosialisering en kulturele aktiwiteite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Nee wat, die jare wat ek ontspan het deur televisie te kyk is lankal verby !

Niks lekkerder as ‘n kuier saam met geliefdes langs ‘n braaivleis-vuurtjie nie, andersins, ‘n gesellige aand uit by ‘n restourant en fliek.

H J Bester ·

Ek stem met jou saam – om met vriende en kennisse te kuier is baie aangenamer as om TV te kyk – hetsy in ‘n restaurant, sitkamer of braaivleisvuur.

Stoere Boer ·

Die beste nuus van die berig is die foto want dit vertel ‘n ou verhaal toe dit nog goed in ons land gegaan het.

Trippie ·

Wat die kinders aanbetref … dis omdat kinders nie meer kinders is nie.

Dink aan jare terug toe ek nog kind was, daar was ook nie regtig geld vir speelgoed nie, en ons kon onsself besig hou, mag mos ook nie in grootmense se geselskap gewees het nie.

“Ou mense” het mos altyd gevra .. toe, wil jy tande tel.

DIE LEKKER OU DAE !

Seg Net ·

Jy moet nie van tande tel praat nie. Ek het my oupa se valstande uit sy glasie gesteel, stukkend gekap om dit vir die tandmuis in die skoen te sit. Ek kon amper nie op my gat gesit het nie.

Trippie ·

Seg Net … as ek so lees dink ek jy was lekker mhur stout … ! LOL

Seg Net ·

Wat anders,drie broers elkeen ‘n jaar en een maand uitmekaar dan ‘n suster ses jaar jonger as ons.
Baie goeie ou dae en lekker stout herinneringe, nog al wat oor is.

Andries ·

My pa het my vertel dat hulle gespeel het met visblikke en albasters. Toe kon hulle nog in die straat gespeel het.

Trippie ·

En ons dogters het “charms” gespeel terwyl die seuns “marbles” gespeel het.

Onthou ons het in die teerpad met bordkryt ‘n hasie getrek, en dan gespring …

Tou gespring en broekie-rek gebruik om te kyk wie kan die hoogste spring …

Onthou julle die verskillende koeldrank yo-yo’s en Dingbats ?

Andries ·

Dit was voor my tyd. Interessant om dit te hoor. Ek en my ouers was by Willem Pretorius museum toe het ek gesien hoe kook hulle seep.

Seg Net ·

Trip en wat van dokter, dokter EISH.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Trippie ·

Nou het ek kliphard gelag !

Nee, ons mag NIE saam met die seuns gespeel het nie (ek het net 1 broer). My ma-hulle was 2 dogters en 2 seuns, sy het vertel, as hulle saam met die 2 broers gespeel het, het my ouma vir hulle seuns-klere laat aantrek … eish, die “ou mense”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.