Dié Gupta dalk gehang

galgPawan Gupta sal môre hoor of hy die doodstraf opgelê gaan word. Dit het egter niks met die Guptas se gebruik van die Waterklooflugmabasis te make nie.

Gupta, ‘n vrugteverkoper van Nieu-Delhi, is saam met drie ander skuldig bevind aan die groepverkragting en moord op ‘n 23-jarige fisioterapeut. Die staat vra die doodstraf vir al vier, terwyl die verdediging vra dat hulle lewenslank tronk toe gestuur word.

‘n Skare is gereeld buite die hof saamgetrek waar hulle plakkate swaai wat eis dat die mans galg toe gestuur moet word.

Gupta, die werklose Akshay Kumar Singh, die gimnasiuninstrukteur Vinay Sharma en die busbestuurder Mukesh Singh is op al 13 aanklagte teen hulle skuldig bevind. Mukesh Singh se broer, Ram, is saam aangekla maar is vroeër in die tronk dood. ‘n Minderjarige is vroeër na ‘n verbeteringskool gestuur.

Die voorval in Desember verlede jaar het internasionaal ontsteltenis veroorsaak. Die fisioterapeut en ‘n vriend was van ‘n bioskoop op pad terug huis toe, toe hulle op die bus aangeval is. Die vriend is aangerand, maar die fisioterapeut is verkrag en van die bus afgegooi. Sy is twee weke later aan haar beserings dood na sy vir spesiale mediese sorg na Singapoer gebring is.

Die voorval het ook in Indië, waar groepverkragtings dikwels voorkom, ontsteltenis veroorsaak en ook Indië ernstig oor die probleem laat besin.

Die fisioterapeut se verhaal is besonder aangrypend. Sy het arm grootgeword, en haar ouers het hul familiegrond verkoop om vir haar studies te betaal. Na sy fisioterapeut geword het, het sy na Nieu-Delhi verhuis om ‘n behoorlike bestaan te verseker en ook haar ouers finansieel te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willy ·

Dit is so lekker om ‘n berig te lees waar die doodstraf toegepas word.
Dis ook so lekker om te lees dat verkragters die doodstraf opgelê gaan word.

JAVR ·

Dit is darem so lekker gevoel van geregtigheid wat seëvier nê! Dit SOU aangenaam gewees het as dit hier was want dan het ons nie elke sekonde van die dag van een of ander misdaad gehoor nie! Hang hom! Miskien aan sy slang wat hom so pla…tot hy vrek is!

Willy ·

As die doodstraf nie afgestel was dan was hulle seker al die minderheid.

Erich Goosen ·

Jammer dit gebeur in Indie en nie hier nie. Die spul hier kom ook met moord weg.

Trippie ·

Your comment is awaiting moderation.

Oe eh eh – ek pos weer en stel dit sagkens.

Verseker moet hierdie verkragters / moordenaars hang.

Jasper ·

Mens moet deesdae so in sirkels praat as jy n feit wil noem dat jy skoon vergeet wat jy wou sê.

JAVR ·

Ja dit is en dan antwoord mens op iemand se kommentaar dan word die kommentaar uitgevat en jou antwoord bly en JY lyk soos ‘n icecream child!

Amy ·

Vang hulle en hang hulle!!!! As hulle geen respek het vir ‘n mens se lewe nie, waarom moet hulle lewe???

Vas Vat ·

Ek is n voorstaander van die hang metode [doodstraf] maar,stuur hulle eers tronk toe waar die gespuis vir n week lank sonder ophou [24/7] herhaaldelik verkrag word,en as daar dan nog iets van hulle oor is,Hang Hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.