Video: Die Kersgeskenk wat heel jaar lank hou

Die video is onderaan die artikel.

Helpende Hand se Skooltassieprojek sit ’n tassie propvol al die nodige skryfbehoeftes in ’n graadeentjie se hand en gee hom daarmee hoop en moontlikhede aan sy kant!

Helpende Hand het reeds ongeveer 12 500 tassies aan behoeftige graadeens uitgedeel die afgelope 5 jaar en beplan om in Januarie 2013 weer so te maak. Dié keer mik hulle om 5 000 graadeens met ’n groot glimlag skool toe te stuur en ’n spesiale verrassing van Bybelgenootskap by die skooltassies te voeg. Dit gaan sowat R1 miljoen kos om dié 5 000 skoolkinders ‘n gelyke kans te bied wanneer hulle in Gr. 1 skool toe gaan.

“Pak ʼn tas vir die hele klas!”

Helpende Hand moedig die publiek aan om hul Facebook-vriende en Twitter-volgelinge uit te nooi om gedurende November 30 tassies in te samel. Een skooltassie kos R200, maar die publiek kan enige bedrag skenk.

“Dit is ‘n Kersgeskenk wat heel jaar hou, en dalk selfs langer,” het Lindie Strydom, woordvoerder en ambassadeur van Helpende Hand se tassie-projek gesê. “Helpende Hand se inisiatief behels dat ek namens iemand ’n skooltassie hierdie Kersfees skenk en op dié manier nie net ʼn kind se drome ʼn “hoop-stoot” gee nie, maar ook ’n ewigheidsbelegging maak. Mense kan ook ons Kerskaartjie op Facebook of op Helpende Hand se webblad aflaai en dit vir die persoon, namens wie jy die tassie geskenk het, stuur.”

Die volgende bekendes het reeds hul steun aan die projek toegesê:
Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Jay, Lianie May, Riana Nel, Joe Niemand, Arno Jordaan, Liza Bronner, Cheree, Ghapi, Jak de Priester, Pieter Koen, Marietta Kruger, Jacques Gombault, Angelique Gerber, Jan Harm Schutte, Hettie Brittz, Andries Hendrik Potgieter, Louis Loock en Freda Frances.

Klik hier vir meer inligting.

http://youtu.be/czKqvS7DIUQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.