Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, het Sondag gesê pres. Jacob Zuma ontspan in Nkandla terwyl die land brand.
Maimane het sowat 50 mense buite Laerskool Lefika in Sebokeng in die suide van Johannesburg toegespreek. “Mense sterf tydens betogings en die president en sy senior personeel spreek hulle nie toe nie. Dit is nie die ANC van Nelson Mandela nie,” het Maimane gesê.
Maimane het ook aangedui dat die DA ʼn familie sal help om die liggaam van ʼn man, wat tydens betogings gesterf het, van Gauteng na die Vrystaat te vervoer. Lerata Rabolila se oorskot sal van Sebokeng na Ficksburg vervoer word. Rabolila is tydens die gewelddadige betogings in Boiketlong doodgeskiet. “As Suid-Afrikaners moet ons mekaar help,” het hy gesê.
Maimane het die inwoners van Boiketlong aangemoedig om te stem, ondanks dit wat Woensdag gebeur het. “Kom ons registreer sodat ons vir verandering kan stem. Ons moet verskillende tipes betogings hê, nie betogings oor die basiese behoeftes soos water en elektrisiteit nie.” -SAPA
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Mag die MEERDERHEID ander volke se oë finaal oopgaan deur NIE vir die ANC te stem nie!!
Ek is verstom dat enigiemand verbaas is> En moenie asem ophou dat enigiemand se oe sal oopgaan nie<Kyk na al die ander afrika lande. Die mense glo blykbaar hulle sal op die lang duur op beloftes kan oorleef.