“Dief” brand dood in winkel wat hy glo beroof

ʼn Man is Saterdag dood nadat hy glo by ʼn winkel ingebreek het waar ʼn brand later uitgebreek het, het die polisie in Limpopo gesê.

Die man het na bewering omstreeks 02:00 ʼn winkelvenster gebreek by dié winkel in Ga Dikgale om kruideniersware te steel, het konstabel Moses Molepo gesê. “Hy het die winkel geplunder en is toe vasgevang binne die winkel. Hy het van rookinaseming gesterf.” Molepo sê die winkel het heeltemal afgebrand. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie. Die man is nog nie identifiseer nie. Die polisie sal die saak verder ondersoek, het Molepo gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.