“Dief” by skool met klippe doodgegooi

ʼn Vermeende dief is oor die naweek in Kaapstad dood nadat inwoners hom glo gestenig het.

Die man se liggaam is Sondag omstreeks 09:00 by die Kuyasa-skool in Khayelitsha gevind, berig die Cape Times. Twee groot betonstene is langs die man se liggaam in die pad gevind. Die koerant berig 17 beweerde kriminele is reeds vanjaar in Khayelitsha deur ontstoke inwoners doodgemaak. Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het ʼn ondersoek van stapel gestuur om uit te vind hoekom die verhouding tussen inwoners en die polisie glo in duie gestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.