‘Dief’ laai profielfoto op slagoffer se WhatsApp

Argieffoto

Die polisie in Pretoria is op soek na ʼn vermeende rower wat ʼn foto van homself glo met ʼn gesteelde selfoon op sy slagoffer se WhatsApp-profiel gelaai het.

Lohan van Heerden (20), ʼn student aan die Universiteit van Pretoria, kon sy oë nie glo toe die einste man wat hom ʼn dag vantevore beroof het, sy eie foto op Van Heerden se profiel gelaai het nie, het Beeld Dinsdag berig.

Van Heerden is vroeër die maand deur vier mans beroof terwyl hy van Hatfield onderweg was na sy huis in Pretoria-Tuine. Vier mans het by ʼn verkeerslig in sy voertuig ingespring, hom met ʼn mes gedreig en beroof van sy foon, baadjie, gordel en kontant. Die rowers het hom glo ook gedwing om by ʼn kitsbank te stop waar hy R1 000 moes onttrek, voor hulle hom laat gaan het.

Van Heerden het gesê toe hy die foto op sy WhatsApp-profiel sien, het hy dadelik die man as die groep se leier uitgeken. Dié man het Van Heerden glo ook deur sy gesig geslaan. Die foto is aan die Sunnyside-polisie verskaf wat die saak verder ondersoek. Klik hier om die foto te sien.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Erika ·

Die wonder van slim tegnologie is ons almal een voor. Hie hie, as jy dom is, is jy dom, daar is nie pille wat help vir domgheid nie. Maar weereens die wonder van tegnologie. Is ook nie die eerste keer wat ‘n selfoon (slimfoon) gesteel is, en die dief sy eie bakkies oplaai nie, dit het mos al met die bediende ook gebeur wat haar madam se foon gesteel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.