Dief se bierdrinkery lei tot inhegtenisneming

Argieffoto

Owerhede in Syracuse, New York, sê ‘n inbreker se besluit om ‘n paar biere ná ‘n inbraak te drink, het tot sy inhegtenisneming gelei.

“Moses Wilson (29) het vroeg in Februarie glo koperpype by ‘n huurhuis, wat leeg gestaan het, gesteel. Hy het ‘n kas bier in die kelder opgespoor en toe van dié bier tydens die rooftog gedrink.

Aanklaers sê polisiebeamptes kon Wilson se DNA aan die DNA op die toneel verbind.

Hy is Dinsdag in Onondaga County Court van diefstal aangekla. Hy word op $10 000 borg aangehou. Dit is nog nie duidelik of hy ‘n prokureur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.