Dief skiet makker raak

Johannesburgse polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem na een van hulle deur ‘n medepligtige in die bors geskiet is. Dié verdagte is later in die hospitaal aangekeer, wat gelei het tot die inhegtenisname van sy makkers.

Konstabel Thabo Malatji, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Look Local North East Joburg gesê die drie verdagtes het onlangs ʼn woonstel in Yeoville om 21:30 beroof toe die paartjie wat die woonstel besit tuiskom en hulle op heterdaad betrap het. Die vrou het in die kombuis gaan skuil.

“Een van die verdagtes het die man gegryp en ʼn ander het twee skote op hom gevuur. Die eerste koeël het die deur getref en die ander het die verdagte in sy bors getref. Twee rowers het die paartjie se televisie en R5 000 gesteel waarna hulle die beseerde verdagte gehelp het om te  vlug. Polisie het die gewonde man opgespoor na hulle hospitale in die gebied deursoek het.”

Die beseerde verdagte het inligting bekend gemaak wat tot die inhegtenisname van die ander twee gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.