‘Dief’ skiet polisiebeamptes

Argieffoto

Kol. Oscar du Preez en kaptein Derrick Radebe, twee polisiebeamptes van KwaZulu-Natal, is vroeg Woensdagoggend in ʼn botsing met vermeende diewe geskiet.

Du Preez, bevelvoerder van die Estcourt-polisiestasie, was in sy huis aan die slaap toe hy van geweerskote wakker geword het, het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. Du Preez het Radebe, sy buurman en kollega, gekontak en die twee het gaan ondersoek instel. Beide beamptes was nie in die stadium aan diens nie.

“Vermoedelik het ten minste een verdagte op die twee beamptes begin skiet, en hulle het teruggeskiet,” het Naicker gesê. Een van die beamptes is in die skouer en die ander een in die maag geskiet. Beide is in die hospitaal opgeneem en is in ʼn stabiele toestand.

“Dit is nog nie in hierdie stadium duidelik of die verdagte ook raakgeskiet is nie,” het Naicker bygevoeg.

Die polisie vermoed die verdagte het by ʼn huis in Welschweg ingebreek en ʼn skootrekenaar gesteel. Hy het te voet gevlug. Die inbreker lyk glo soos die man wat op die twee beamptes gevuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.