Dief skok dood

ʼn Elektrisiteitsdief is dood nadat hy ʼn transformator probeer steel het in Bokfontein in Noordwes.

Lt.kol. Lesego Metsi, woordvoerder van die polisie, sê die man het die transformator losgeskroef en lewendige drade probeer steel. “Hy is doodgeskok en het verkool.” Metsi sê die elektrisiteit moes afgeskakel word sodat die polisie die man se oorskot kon verwyder. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

piet ·

HY HET MET N SKOK AGTER GEKOM DIT HELP NIE OM TE STEEL NIE, WYS JOU NET AA INDIENSNEMING WERK NIE TE LEKKER NIE. MAG SY VOLGELINGE IN SY SPORE VOLG.

Paul ·

Piet het jy geweet dat die ding wat haat genoem word direk van die Satan af kom, dit word mos in die hel aan die brand gesteek en geleidelik vernietig dit jou. Die ANC, rowers, misdadigers, verkragters en moordenaars is alles instrumente in die hand van die Satan om haat aan te blaas en jou te vernietig. Maak jou hart skoon en bestry op ‘n ander manier hierdie elemente, as jy in God glo dan behoort jy te weet dat Hy in beheer is, dit is Hy wat die goddeloses op gladde plekke laat loop en hulle einde is iets afgrysliks. (Psalm 73)

piet ·

PAUL, DANKIE VIR JOU TEREGWYSING MAAR HAAT HET NIKS MET DIE SAAK TE DOEN NIE,INTEENDEEL DIE GLADDEWEG VAN SATAN SORG VIR SY TRAWANTE.

SEEN EN VREDE VIR JOU

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.