‘Dief’ sluk toe verloofring in

Ronald Perley

Die polisie sê hulle het ‘n verloofring ter waarde van $3 200 (bykans R30 000) opgespoor nadat ‘n man dit glo tydens ‘n rooftog by ‘n juwelierswarewinkel ingesluk het.

Ronald Perley (52) is van diefstal aangekla nadat X-strale bewys het dat die 14-karaat witgoud-ring met prinsessnit-diamante in sy liggaam is. WMUR-TV het berig dat die polisie in New Hampshire, Amerika, die ring Saterdag opgespoor het.

Perley is Donderdag glo na ‘n juwelierswarewinkel om navraag te doen oor verloofringe. Personeellede van die winkel sê hy het die ring gegryp en ingesluk. Volgens die polisie wys die kringtelevisie-beeldmateriaal hoe Perley die ring vat en sy hand na sy mond toe bring. Perley word op $50 000 borgtog aangehou. Dit is nog nie duidelik of hy ‘n prokureur het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.