Dief soek maksimumvonnis

Roy Murphy

Roy Murphy

Roy Murphy (43) van Missouri in Amerika het die regter versoek om hom die maksimumvonnis op te lê nadat hy ʼn winkel beroof het.

Die maksimumvonnis is sewe jaar.

Murphy het aangedui hy verkies die lewe agter die tralies. “Ek is nou al ʼn jaar lank uit. Ek het niks nie en ek weet nie hoe om buite [die tronk] te leef nie,” het hy aan UPI.com gesê.

Dié beroepsmisdadiger het erken dat hy in November ʼn winkel beroof en geld uit die kasregister geëis het sodat hy weer toegesluit kan word.

Regter Patrick Robb het egter nie die versoek toegestaan nie, en het Murphy tot vier jaar tronkstraf gevonnis, omdat Murphy glo “te hoflik” was. “Die kassier wou nie die kasregister oopmaak nie,” het Murphy verduidelik. “Ek het gevra of sy asseblief die kasregister sal oopmaak.”

Indien Murphy glo fisiese geweld gebruik het, sou hy dalk swaarder gevonnis word, berig StlToday.com.

Hy het ʼn skimasker by hom gehad, maar het dit nie aangehad nie. Hy het aan die kassier gesê hy sal dit graag aantrek as dit sy inhegtenisneming sou aanhelp. Voor hy daar weg is, het hy aan sy slagoffer gesê: “Bel asseblief die polisie.”

Klik hier om ‘n video-onderhoud met die kassier te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lanie ·

Ag dis darem lekker. Laat belastingbetalers maar sorg. Wie is lus om vir my te sorg ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.