Dief steel leerjas van R1.4 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Winkeldief het ʼn krokodilleerjas van nagenoeg HK$1 miljoen (R1,4 miljoen) uit ʼn Burberry-winkel in een van Hong Kong se besigste winkelsentra gesteel, het die polisie Vrydag gesê.

ʼn Mannekyn het die leerjas aangehad en die personeel het eers, toe hulle die winkel Woensdag gesluit het, besef die jas is weg.

Die polisie het die sekuriteitsbeeldmateriaal ondersoek en is nou op soek na ʼn “sterk geboude man tussen 30 en 40 jaar oud”. ʼn Chinese man het glo Woensdagaand die jas van die mannekyn afgehaal en daarmee uitgestap, het die South China Morning Post berig.

Volgens die polisie maak sommige ontwerpershandelsmerke nie van sekuriteitkaartjies aan die kledingstukke gebruik nie, om seker te maak dat die kledingstukke nie beskadig word nie. Hulle maak eerder staat op kringtelevisiekameras en sekuriteitsbeamptes.

Burberry het nie dadelik op AFP se versoek om kommentaar reageer nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.