Dief steel net sokkies

Argieffoto

‘n Hoërskooldogter van Japan is Donderdag getakel deur ‘n dief wat glo net kouse steel.

Die 16-jarige was oppad huis toe, toe die man haar takel en haar linkersokkie gryp en weghardloop. Ten minste vier ander hoërskooldogters in dieselfde voorstad in oostelike Tokyo was sedert September reeds slagoffer van dié kieskeurige dief. Die verdagte is glo in sy 30s of 40s. Die jongste slagoffer is nie beseer nie. Dit is nog nie duidelik of dieselfde persoon vir al die voorvalle verantwoordelik is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.