‘Dief’ steel toe polisie-uniforms

‘n Vermeende dief, wat soos ‘n polisiebeampte aangetrek het nadat hy ‘n vuurwapen en uniform gesteel het, is Maandag in Potchefstroom in hegtenis geneem.

“’n Polisiebeampte se uniforms en vuurwapen is teen die einde van Desember uit sy huis in Ikageng buite Potchefstroom gesteel,” het kapt. Aafie Botma, woordvoerder van die polisie, gesê. Lede van die publiek het toe berig dat ‘n bedrieër ‘n paar keer met ‘n polisie-uniform gesien is. “Die 28-jarige man is Maandag in hegtenis geneem. Hy is met twee stelle polisieuniforms en ‘n vuurwapen betrap.”

Die man sal Woensdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.