“Dief” sterf na ysterstawe hom deurboor

ʼn Man is Sondagmiddag in Pretoria dood nadat hy op ysterstawe geval en deurboor is.

Console Tleane, ʼn woordvoerder van die Tshwane-mentro, het in ʼn verklaring gesê die voorval het by die onbewoonde Kruger Park-gebou in Pretoria se middestad plaasgevind.

“Dit wil voorkom asof die man omstreeks 17:30 verby sekuriteitsbeamptes ingeglip het om moontlik yster of koper in die gebou te steel,” het Tleane gesê.

Die man was in sy 30s. Hy het vermoedelik gegly en van een verdieping na ʼn ander geval, waar hy op die ysterstawe te lande gekom het. Die man is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.