‘Dief’ verdrink glo

Emmarentia-dam

‘n Man se liggaam word in die Emmarentia-dam, Johannesburg, gesoek nadat hy Vrydagmiddag in die water geval het.

“Die man het glo ingeval toe ‘n ander man hom begin jaag het nadat hy glo ‘n sak gesteel het,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van Johannesburgse nooddienste, gesê. “Die man het vermoedelik verdrink.”

Emmarentia-dam is in die noordelike deel van Johannesburg geleë, net oos van die Johannesburg botaniese tuin. Die park is veral ‘n gewilde besoekplek vir kanovaarders, roeiers, windseilplanke, mense wat met hul honde stap en mense wat oor naweke kom piekniek hou of braai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.