Diensleweringsbetogings in Wes-Rand

Inwoners van Princess sê hulle is moeg om in dié kondisies te lewe. Doto: Chriselda Lewis /  SABC / Twitter

Inwoners van Princess sê hulle is moeg om in dié kondisies te lewe. Doto: Chriselda Lewis / SABC / Twitter

Die polisie is op Maandag op hoë gereedheid geplaas by die Princess informele nedersetting in Roodepoort nadat inwoners verlede week daar begin betoog het.

Ao. Nonhlanhla Khumalo het gesê die inwoners het nie oor die naweek betoog nie. “Die situasie was kalm oor die naweek en dit is tans nog steeds kalm,” het sy gesê.

Die betogings het Donderdag begin. Inwoners dring aan op beter dienslewering en behuising.

‘n Onbekende hoeveelheid mense is Maandag in hegtenis geneem. Geen beserings is aangemeld nie.

Die betogers het Albertina Sisuluweg met glas, klippe en ander items versper. Die polisie en metropolisie het motoriste versoek om die gebied te vermy, aangesien betogers verlede week klippe na verbygangers gegooi het.

Intussen is ‘n vierde persoon Maandagoggend dood ná betogings oor watertoevoer in Brits, Noordwes. Klik hier om meer te lees.

Inwoners van Mpumalanga het ook intussen oor watertoevoer in die gebied begin betoog. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.