Diepsloot-inwoners neem reg in eie hande

ʼn Uitlander wat glo een van sy medelandsburgers met ʼn piksteel vermoor het, is Woensdagoggend deur Diepsloot-inwoners gevang en aangerand.

Die inwoners van Diepsloot uitbreiding 4 in Gauteng het daarna die polisie in kennis gestel, het ao Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Die man is met kop- en liggaamsbeserings na ʼn plaaslike hospitaal geneem waar hy onder polisietoesig aangehou word. Hy sal binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Mavimbela sê die man word verdink van ʼn moord Saterdag in Diepsloot uitbreiding 12. Tydens die aanval het hy die slagoffer glo beskuldig dat hy sy knipmes gesteel het en hy het ook glo ʼn derde man, wat wou ingryp, met ʼn mes gedreig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.