Diere vrek na water in Dundee glo sianied in kry

Die watertoevoer na Dundee in KwaZulu-Natal is nou glo weer geskik vir menslike gebruik nadat dit vroeër deur sianied besmet is en talle veevrektes tot gevolg gehad het.

uThukela Water se woordvoerder, Dumisani Thabethe, het vroeër Vrydag gesê daar is opgemerk dat daar sianied in die water is nadat talle koeie dood is nadat hulle water van ʼn rivier buite Newcastle gedrink het. “Daar het glo nagenoeg 50 koeie gevrek nadat hulle van die water gedrink het.” RSG Spektrum het intussen berig dat die water weer geskik is vir menslike gebruik. Die sianied was glo afkomstig van Karbochem. ʼn Woordvoerder, Jaco Prinsloo, het aan Spektrum gesê dit was moontlik ʼn lekkasie en dat die sianied per ongeluk in die spruit buite die perseel beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.