Diereregte-organisasie wil Mandela-hasie hê

Mandela se standbeeld voor die Uniegebou in Pretoria

Mandela se standbeeld voor die Uniegebou in Pretoria

Die diereregte-organisasie Peta wil die hasie in die regteroor van oudpresident Nelson Mandela se standbeeld by die Uniegebou “aanneem” wanneer dit verwyder word.

Paul Mashatile, die minister van kuns en kultuur, sê die organisasie wil die miniatuur-beeldjie gebruik om die lot van miljoene hasies en ander diere wat vir hulle velle geslag word, vir gedwonge arbeid gebruik word en in kettings aangehou word te beklemtoon. People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) het in ʼn skrywe aan Mashatile gevra dat die hasie aan hulle geskenk word. Mimi Bekhechi, mede-direkteur van Peta, het in die brief geskryf: “Soos ons almal weet was Mandela ʼn wonderlike man wat sy lewe gewaag het om te pleit vir die vryheid van ander. Mandela het omgegee oor dieremishandeling. Hy was ʼn beskermheer vir die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV). Ons sal geëerd wees om die hasie, dieselfde dier wat op Peta se logo verskyn, te gebruik om Mandela se visie van ʼn meer vreedsame en vredeliewende wêreld te eer.”

Die departement van kuns en kultuur het vroeër gesê die hasie moet verwyder word en dat hulle tans oorweeg hoe om die standbeeld se integriteit te behou sonder om dit te beskadig.

Lees ook:
Hasie in Mandela se oor ‘betreurenswaardig’
Beeldhouers vra om verskoning oor Mandela-hasie
Hasie in Mandela se oor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jj els ·

Kom ons wees eerlik. As die Mandela-standbeeld deur n swart kunstenaar ontwerp en gegiet was, sou die aanbring van die hasie as uitdrukking van indiwiduele vryheid, gesien word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.